(Die foto is van Riverside Drive, die straat wat voor ons woonstel verbygaan. Nie presies seker waar die foto geneem is nie, maar die woonstelle is aan die regterkant van die pad en Riverside Park en die Hudson Rivier is aan die linkerkant)Nou ja, die groot trek-dag is agter die rug....of wel halfpad. Die saak staan so. Ons kan eers Maandag toegang kry tot ons nuwe woonstel, maar ons moes al vandag uit die oue wees om die landlord kans te gee om die plek te verf vir die volgende huurder (good luck vir hulle met die vier stelle trappe).
Ons sou aanvaklik $350 moes betaal vir die movers om ons goed vir twee nagte te stoor, maar vriende van ons (wat ons nuwe bure gaan wees) het aangebied dat ons al ons goed in hulle woonkamer stoor tot Maandag. Sal hulle uitvat vir ete...hoop net nie dit kos meer nie!
So, Maandag teen 11am kan ons intrek - ons het darem 'n paar hande opgeline om ons te help want dis darem nie te ver wat ons die goed moet dra nie.
Het vandag gou weer gaan inloer en kannie wag nie. Dis heelwat groter en ons hou baie van die nuwe adres. Heelwat nuwe restaurante om te gaan verken hierdie somer. Ook plek om die fietse te hang, so hulle hoef nie meer in die slaapkamer te staan nie.
Twee van die drie manne wat toe ons goed trek vandag is van die Dem. Rep. of Congo (Eve en Patrick). Eve se ouers woon tans in Jo'burg, so ons het omtrent lekker oor die huis gesels en regtig baie lekker saam gelag. Die wereld is regtig klein - veral hier in NY.
Ons slaap vanaand by vriende soos opregte homeless mense, more aand ook, maar Maandag breek die laaste skof van die trek aan!
Sal julle op hoogte hou,
Baie liefde
Piet en Mel
PS. Weer is great hier die naweek. Het al die jasse begin wegsit en ons eerste uiteet buite gehad. Sien baie uit om al die ouers die jaar te entertain!
Hannes - ek hou die Cape Epic dop - ek dink so oor twee jaar moet ons dit doen. Ek wil net eers so 15 kg afskud. Ek sien al die top ryers weeg so tussen 65 en 75 kg!