Tuesday, January 23, 2007


Long overdue nuus oor Washington, DC...Was interessante trippie na die US se politieke kern. Die dag wat ons arriveer het was ook die dag wat Pres Ford oorlede is- al die vlae in die stad (en daar is baie...) het halfmas gehang. Die foto is geneem by die Washington Monument langs die Relecting Pool en jy kan Capitol Hill sien in sien in die agtergrond. Daar is meer spioene in DC as in enige ander stad in die wereld.. baie opwindend...

Eerste sneeu in New York

New York wil-wil sneeu die afgelope paar dae... Dis koud (die afgelope week elke dag onder vriespunt) maar nog nie behoorlik winter sonder die wit nie.. Groot opgewondenheid Vrydagoggend toe die eerste sneeu val, maar ongelukkig het alles gesmelt teen die aand toe Stella uit London kom kuier. Was so lekker om nog 'n Afrikaanse asem in ons huis te he vir 'n paar dae met haar hier - was nogals homesick toe sy Maandag middag terug gaan na die Engelse toe. Besef na so 'n kuier die preciousness van vriendskappe wat kan optel in sekondes na maande van min sien en min gesels.

Thursday, January 18, 2007

Dis foto's soos hierdie wat my laat wonder of die nuwe visa 'n goeie of 'n slegte ding is....dankie Calla!

Visas

Die groot nuus van die dag is dat ons visas vir nog twee jaar goedgekeur is. Ek het so uur gelede die papiere van die prokureurs of ontvang....weet nie of ek bly of spyt is nie. Sal maar sien wat ons gaan maak, maar ten minste hoef ons nie volgende maand te pak nie (ons huidige visas verval 15 Februarie). Ons moet die land verlaat om dit in ons paspoorte te laat sit - miskien Kanada (dit sal die gouste wees) of Londen, dan kan kan ons vir Wil en Stella sien...?
Stella kom more kuier vir 'n lang naweek, sal maar vir ou Wil 'n luitjie moet gee.

Wednesday, January 17, 2007

Le Roux Fam

Woensdag 17 Januarie

Dis 'n nuwe jaar en 'n "blank canvas" wat wag om op geverf te word. Ons wil die jaar graag deel wat in ons lewe gebeur, met julle, vir wie ons omgee en nie toelaat dat die spoed waarteen ons almal besig is verhoed dat ons praat nie.....
Ons is baie opgewonde oor die geboorte van twee baie spesiale mannetjies....Jean le Roux (11 jan) en Steph vd Merwe (vandag)...baie geluk T-man, Mandy, Milan en Schalk!