Wednesday, May 23, 2007

Duke

Hi Almal,
Hoop alles gaan goed. So baie dinge wat gebeur op die oomblik...
Die du Toit's van Ouplaas is die wereld vol. Met Calla die week in Potugal, Jeanne wat gereed maak om weer in haar geboortedorp te gaan woon en ek sit in Durham, North Carolina besig om die finaal van American Idol te kyk...
Ek is vir die heel week hier vir training. Ons het vandag 'n amazing ervaring gehad. Ons is die heeldag deur een van die grootste universiteite (DUKE University) hier se basketball coach span afgerig en deur die beginsels van spanwerk ens. gewerk.
Sien baie uit want dis nog net ;n paar slapies voor my Pa en Ma hier aankom. Het groot planne vir hulle en sal vir julle 'n paar fotos opsit van hulle kuier - om julle almal lus te maak om vir ons te kom kuier.
Great jaar wat voorle:
Kry ook 'n paar Shophar besoekers vlgnde week (Fred, Lucille, Morne en Maarten), in Aug is dit Hannes en Bea se beurt en doen Comine en Shawn in November......spring nou en boek julle tye vir 2008! ;-)

New York is op sy mooiste nou, die weer is great. Ek het in 'n PwC baseball span begin speel! Het die glove en al - vang maar nog sleg (was afterall 'n vleuel).
Ons het 'n stunnig bar ontdek in die park naby ons nuwe woonstel, het laasweek twee aande 'n drink na werk daar gaan drink en die son oor Jersey sien ondergaan. Ek dink ons gaan heel somer burgers, bier en buffalo wings vir aandete eet...

Saterdagoggend vertrek ons 5uur Glen Cove, Long Island toe. Ek doen my eerste triathlon vir die somer - hoop daar sal baie kanse vir nog sulkes wees die somer!

Kyk mooi na julle almal,

Mis julle Pieter

Wednesday, May 2, 2007

Nog Fotos

Melanie en haar kombuis skoonmakers (vlnr. James, Stevie en Anne) - die nuwe kombuis is aansienlikgroter!
Almal kry pizza en bier vir hulle "efforts"

n Paar Nuwe Fotos

Melanie besig om in te pak - let op die grootte van die ou kombuis.

Kan julle glo ons het met vier tasse hier aangekom!