Jammer ek skeep die blog so af - Facebook bederf my bietjie.
Friday, November 9, 2007
'n Vaal Vrydag middag in NYC
Jammer ek skeep die blog so af - Facebook bederf my bietjie.
Sunday, August 12, 2007
Sondag 12 Augustus
Ek weet wie ookal die brief lees is ware getroue blog followers. Jammer vir die lang wag....
Wel die laaste maand het verby gevlieg, maar was sover 'n great somer. Ek het baie tyd voor die Tour de France deurgebring en darem deur al die skandale, dit weereens baie geniet! So baie dat ek sielfs nie eers by fietsry uitgekom het nie.
Ons het heerlik Melanie se bday gehou op 6 Augustus. Hoewel dit Maandag was het ons twee al Vrydag begin partytjie hou! Ons het na werk, by die Hudson hotel 'n drink gaan drink en lekker uitgeeet. Hulle het 'n buite area, en dit was so great om net lekker te sit en lag en gesels na 'n baie besig tyd vir ons albei, waar ons maar min kwaliteit tyd saam spandeer het (ook bietjie die Tour de France se skuld).
Saterdag het ons die Bourne Ulimatum gaan kyk, was great en die res van die dag in die stad rond geloop soos ware toeriste. Ons het die partytjie Maandag voortgesit, ek het werk afgevat, lekker ontbyt gaan eet en weer gaan movie. Die aand het ons so 30 vriende by 'n vriendin se woonstel (42ste verdieping, met balkon wat uitkyk oor Downtown Manhattan) onthaal met snacks en heelwat Stellenbosch wyn.
Sien baie uit na die volgende twee weke. Ons begin die week met ek wat na Jacksonville, Florida vlieg vir 'n werk konferensie (gelukkig op die beach, want die plek is op die oomblik vrek warm). Ons het 'n troue in Mexico Vrydag, Mel gaan al Dinsdag om die bruid bietjie te support en te party saam met die Mexican familie lede. Ek join hulle Donderdag aand, en na Vrydag se troue, ry ons bietjie vir 'n paar dae af na die Weskus van Mexico, vir 'n duik of drie!
Sodra ons terug kom, ontvang ons die Hanekoms vir 'n kuier, baie opgewonde!
Praat later, hoop dit gaan BAIE goed met julle almal!
Liefde
Pieter (en Melanie)
Monday, July 16, 2007
Sondag 15 Junie
Dis 'n rustige (as dit ooit moontlik is..) Sondag in
Die waiter het sopas uitgefigure ek is nie 'n hotel gas nie - seker oor ek nie 'n Rolex aan het nie. Ek het maar 'n bier bestel, dit behoort my te "redeem" om in die lobby te sit vir die volgende uur of wat.
Die somer in
Dis snaaks hoe 'n plek, so lelik soms, so vuil, so anti alles wat ek gedink het ek is, so diep in jou hart kan kom inkruip….maar ons praat weer as die eerste sneeu val (of twee dae later as ek op die ys gly oppad werk toe, of 'n cab deur 'n plas yswater ry en my shower oppad werk toe, by the way dit gebeur nie net in movies nie).
Op 'n ander noot, ek's bietjie hartseer oor die bokke. Het met baie trots my nuwe Springbok trui wat ma en pa vir my gebring het begin dra na die pubs toe……ek dink ek gaan hom maar eers bietjie spaar vir die wereldbeker - ek verseker julle ek sal hom weer uithaal en breebors dra!
My nuuste ontdekking vir die week was Facebook. Wat 'n amazing tool (met die risiko om jou so besig te hou dat jy geen werk gedoen kry nie). My nuwe reel is om dit nie eens by die werk oop te maak nie, want ek kry dit nie weer toegemaak nie. So great om mense daar raak te loop wat ek jare laas gesien het. So cool om te sien hoe almal se lewens kook…nuwe werke, nuwe besighede, nuwe huwelike, nuwe babas…..global village hier kom ons!
Monday, July 2, 2007
Somer
Hi Julle, Die somer is met ons en ons maak van elke oomblik gebruik wat ons in die son kan spandeer. Ons was al twee keer op Shelter Island ('n klein eiland tussen the North & South Fork van Long Island). Baie naby Montauk...vir die van julle wat Billy Joel fans is, in sy song "Downeaster Alexa" sing hy oor die area...."We took on diesel back in Montauk yesterday and left this morning from the bell in Gardiner's Bay". Ons is mal oor die area en veral oor die Northfork. Daar's heel paar wynplase en as jy 'n draai maak by die Sag Harbour hotel, is die kans goed dat jy die "Piano Man" self daar agter die klavier kan raakloop (ons was nog nie so lucky nie).
Ma en Pa van Ouplaas was hier in Junie - wat 'n great kuier. Ons het so baie saamgedoen en ek en Mel kon lekker tyd af kry om saam met hulle vir New York te verken. Moet se hulle is nou al ou hande hier en is baie tuis tussen die busse, taxi's en treine.
Sien die foto's onder, maar gaan maak gerus 'n draai op Ouplaas om die res te sien - glo my, daar's heelwat foto's geneem!
Woensdag is July 4th (Independence Day) - so geen werk nie (hopelik). Ons gaan nerens heen ry nie, maar wil graag bietjie tyd saam spandeer in die movies en central park!
Kyk mooi na julleself,
Liefde
Piet en Mel
Foto 1: Gratis "classic" films word gewys in Bryant Park (reg langs ons kantoor) op Maandag aande in die somer, almal bring piekniek mandjies en die plek loop al oor van die mense - ek's op die 32ste verdieping ek kyk uit oor die park uit my kantoor.
Foto 2: 'n Groot dag toe Helene en Josua weer 'n kans kry om die rooibus aan te vat. In 2005 het hulle vasgereen in die bus en moes heeldag in gewasemde ruite vaskyk. Die keer was onvergeetlik!
Wednesday, May 23, 2007
Duke
Hoop alles gaan goed. So baie dinge wat gebeur op die oomblik...
Die du Toit's van Ouplaas is die wereld vol. Met Calla die week in Potugal, Jeanne wat gereed maak om weer in haar geboortedorp te gaan woon en ek sit in Durham, North Carolina besig om die finaal van American Idol te kyk...
Ek is vir die heel week hier vir training. Ons het vandag 'n amazing ervaring gehad. Ons is die heeldag deur een van die grootste universiteite (DUKE University) hier se basketball coach span afgerig en deur die beginsels van spanwerk ens. gewerk.
Sien baie uit want dis nog net ;n paar slapies voor my Pa en Ma hier aankom. Het groot planne vir hulle en sal vir julle 'n paar fotos opsit van hulle kuier - om julle almal lus te maak om vir ons te kom kuier.
Great jaar wat voorle:
Kry ook 'n paar Shophar besoekers vlgnde week (Fred, Lucille, Morne en Maarten), in Aug is dit Hannes en Bea se beurt en doen Comine en Shawn in November......spring nou en boek julle tye vir 2008! ;-)
New York is op sy mooiste nou, die weer is great. Ek het in 'n PwC baseball span begin speel! Het die glove en al - vang maar nog sleg (was afterall 'n vleuel).
Ons het 'n stunnig bar ontdek in die park naby ons nuwe woonstel, het laasweek twee aande 'n drink na werk daar gaan drink en die son oor Jersey sien ondergaan. Ek dink ons gaan heel somer burgers, bier en buffalo wings vir aandete eet...
Saterdagoggend vertrek ons 5uur Glen Cove, Long Island toe. Ek doen my eerste triathlon vir die somer - hoop daar sal baie kanse vir nog sulkes wees die somer!
Kyk mooi na julle almal,
Mis julle Pieter
Wednesday, May 2, 2007
Nog Fotos
n Paar Nuwe Fotos
Tuesday, April 17, 2007
Dankie vir almal wat geduldig gewag het... Ons is in ons nuwe huis en gistraand die eerste vriende onthaal. Heerlik steak geeet (medium-rare natuurlik, soos Orla ons geleer het). Die huis is great, soveel groter en plek vir al die fietse en 'n "office". Ons moes maar hard werk om alles skoon te kry want die mense voor ons het twee hinde en twee katte in die woonstel gehad...need I say more. Maar nou is alles mooi skoon, ons het so baie hulp van vriende gehad dat dit eintlik makilik was. Nou is daar nog verfwerk en 'n bietjie maintenance wat ek moet doen, maar dit sal ons mettertyd afhandel.
Saterdag het ons eers 'n break gevat, 'n motor gehuur en bietjie gaan mountain bike ry in New Paltz. Dis 'n oulike dorpie so uur en 'n half noord van die stad. Dit laat my baie aan Knysna dink, net sonder die see. Daar loop 'n groot rivier deur die dorp en hy is gelee langs 'n bergreeks (een van die mees bekende rotsklim spots in New York). Ons het ook bietjie gaan wynproe na die MTB'ing en toe lekker geeet voor ons weer die aand terug huistoe is. Die weer was wonderlik die heel dag - die storms het eers Saterdag nag begin!
Vandag is tax dag hier in die US. Het nog tot gister toe probeer om 'n paar tips te kry by kenners om bietjie minder tax te betaal, maar vandag moet die tjek geteken word...kan nie se ek is baie opgewonde daaroor nie.
Met Mel gaan dit baie goed. Raak net mooier elke dag! Sy is vreeslik besig om die huis te beplan en ek is nogal opgewonde om die eindproduk te sien. Haar werk gaan baie goed. Sy het twee Sondae terug die eerste keer gepreek en ek was baie trots op haar. Hou vas - hier kom nog groot dinge!
Hoop julle almal is nog spekvet en gesond, hoop om gou van julle te hoor.
Ons nuwe adres is:
260 Riverside Drive
Apt 2G
New York
NY 10025
...vir die wat wil geld stuur...
Baie liefde
Pieter
Saturday, March 31, 2007
Die Groot Trek
(Die foto is van Riverside Drive, die straat wat voor ons woonstel verbygaan. Nie presies seker waar die foto geneem is nie, maar die woonstelle is aan die regterkant van die pad en Riverside Park en die Hudson Rivier is aan die linkerkant)Nou ja, die groot trek-dag is agter die rug....of wel halfpad. Die saak staan so. Ons kan eers Maandag toegang kry tot ons nuwe woonstel, maar ons moes al vandag uit die oue wees om die landlord kans te gee om die plek te verf vir die volgende huurder (good luck vir hulle met die vier stelle trappe).
Ons sou aanvaklik $350 moes betaal vir die movers om ons goed vir twee nagte te stoor, maar vriende van ons (wat ons nuwe bure gaan wees) het aangebied dat ons al ons goed in hulle woonkamer stoor tot Maandag. Sal hulle uitvat vir ete...hoop net nie dit kos meer nie!
So, Maandag teen 11am kan ons intrek - ons het darem 'n paar hande opgeline om ons te help want dis darem nie te ver wat ons die goed moet dra nie.
Het vandag gou weer gaan inloer en kannie wag nie. Dis heelwat groter en ons hou baie van die nuwe adres. Heelwat nuwe restaurante om te gaan verken hierdie somer. Ook plek om die fietse te hang, so hulle hoef nie meer in die slaapkamer te staan nie.
Twee van die drie manne wat toe ons goed trek vandag is van die Dem. Rep. of Congo (Eve en Patrick). Eve se ouers woon tans in Jo'burg, so ons het omtrent lekker oor die huis gesels en regtig baie lekker saam gelag. Die wereld is regtig klein - veral hier in NY.
Ons slaap vanaand by vriende soos opregte homeless mense, more aand ook, maar Maandag breek die laaste skof van die trek aan!
Sal julle op hoogte hou,
Baie liefde
Piet en Mel
PS. Weer is great hier die naweek. Het al die jasse begin wegsit en ons eerste uiteet buite gehad. Sien baie uit om al die ouers die jaar te entertain!
Hannes - ek hou die Cape Epic dop - ek dink so oor twee jaar moet ons dit doen. Ek wil net eers so 15 kg afskud. Ek sien al die top ryers weeg so tussen 65 en 75 kg!
Thursday, March 15, 2007
Bahamas Fotos
Dinge gaan bietjie woes hier. Het gou die fotos gelaai op 'n album. Volg die link hieronder (as dit nie werk nie, paste alles in jou browser window:
http://share.shutterfly.com/action/welcome?sid=0SZtXDZq1YuNg
Sal later die vakansie en fotos beskryf.
Baie liefde
Piet en Mel
Monday, March 12, 2007
Uitstel
Die beloofde vakansie fotos is oppad, so moenie moed verloor nie. Hoewel 'n vakansie sonder 'n foon of email een van die beste dinge is....neem dit 'n rukkie om weer in te haal na die vakansie..
Dankie vir al die oproepe en emails op my verjaardag. Ek kan julle verseker dat dit opreg waardeer word hier in die verte!
Intussen is ons besig om ons goedjies reg te kry vir die groot trek wat om die draai is. Mel gaan die week Atlanta toe vir werk en ek moet volgende week is Las Vegas wees, so tussen al die travel en die pakkery is ons baie opgewonde oor die verandering wat voorle.
Kyk mooi na julleself, mis julle!
Geniet die krieket!
Friday, February 16, 2007
Ons nuwe huis
Ons het vanoggend gehoor dat ons die gelukkige wenners van 'n "rent stabilized" (dit beteken ons betaal 50% van die huur wat ons tot nou toe betaal het vir 'n woonstel 3x so groot) woonstel op 98th street en Riverside Drive is. Op die foto kan jy sien ons woonstel is waar die drukspyker is... Ons slaapkamer het yslike vensters wat oor Riverside Park uitkyk en agter die Park is die Hudson Rivier. Ons het 'n hysbak, doorman en is op die 2de vloer.
Daar is meer as genoeg plek vir kuiergaste, so julle sal nou julle eie bed kry! Watch this space...sal meer fotos plaas sodra ons einde Maart ons goedjies pak.
NY winter op sy beste
Het vanoggend oppad werk toe by 'n buitelug Keith Urban show vir USA Today (brekvis tv stasie) voor die Rockefeller Sentrum verbygeloop. Na elke song moet die musikante eers hulle hande onder stoom warm maak...ek dink toe al wat hulle nodig het is 'n lekker Jellie-blik!
Saturday, February 10, 2007
Rugby
Ek is baie opgewonde oor my nuwe tv service wat ek laas week gekry het. Kyk nou heerlik (vir die eerste keer in twee jaar) Saterdae rugby. Geniet baie die Super 14 (behalwe dat my span nie juis baie sterk uit die blokke is nie) en ook die Six Nations. Sien ook baie uit na die wereld beker later vanjaar.
Dis so vrek koud buite, so ek hoef nie eers sleg te voel om op n Saterdag in die huis te sit nie. Was die week gem. so tussen -5 en -10 grade celsius.....nie lekker as jou longe pyn terwyl jy asem haal nie...en moenie laat die lekker windjie hier oor die Hudson Rivier begin waai nie, dan hou die mense maar hulle poedels in die huis, want die voetjies sal aan die sypaadjie vasvries!
Ek en Mel het vandag bietjie ons huis geskuif en skoongemaak. Moet so nou en dan die meubels skuif net om die woonstel groter te laat voel...dit werk nogal...nie geweet mens sal daarvoor val al beplan jy dit self nie?!
Het lekker met Ouplaas gesels vandag. Liza het haar eerste jaar gevier en ons is baie trots op haar...GELUK LIZA!
Nog net twee weke in die koue plek, dan gaan ons bietjie vakansie hou....sal later meer vertel.
Mooi Bly!
Friday, February 2, 2007
Tuesday, January 23, 2007
Long overdue nuus oor Washington, DC...Was interessante trippie na die US se politieke kern. Die dag wat ons arriveer het was ook die dag wat Pres Ford oorlede is- al die vlae in die stad (en daar is baie...) het halfmas gehang. Die foto is geneem by die Washington Monument langs die Relecting Pool en jy kan Capitol Hill sien in sien in die agtergrond. Daar is meer spioene in DC as in enige ander stad in die wereld.. baie opwindend...
Eerste sneeu in New York
Thursday, January 18, 2007
Visas
Stella kom more kuier vir 'n lang naweek, sal maar vir ou Wil 'n luitjie moet gee.
Wednesday, January 17, 2007
Woensdag 17 Januarie
Ons is baie opgewonde oor die geboorte van twee baie spesiale mannetjies....Jean le Roux (11 jan) en Steph vd Merwe (vandag)...baie geluk T-man, Mandy, Milan en Schalk!

