Friday, November 9, 2007

'n Vaal Vrydag middag in NYC

Baie stil vandag in die stad...of so voel dit vir my. Met "daylight savings time" word dit so vinnig donker dat ek al 3uur in die middag wil huis toe gaan. Bryant Park (op foto) se groen gras is vervang deur Citibank se ice rink vir die winter. Die koue hier het ons lekker kom verras, maar na drie jaar en drie winters is ons reg vir hom, hy kan maar kom! (nog lekker braaf nou). Julle sal my later hoor kla.
Jammer ek skeep die blog so af - Facebook bederf my bietjie.

No comments: