Hi almal,
Ek is baie opgewonde oor my nuwe tv service wat ek laas week gekry het. Kyk nou heerlik (vir die eerste keer in twee jaar) Saterdae rugby. Geniet baie die Super 14 (behalwe dat my span nie juis baie sterk uit die blokke is nie) en ook die Six Nations. Sien ook baie uit na die wereld beker later vanjaar.
Dis so vrek koud buite, so ek hoef nie eers sleg te voel om op n Saterdag in die huis te sit nie. Was die week gem. so tussen -5 en -10 grade celsius.....nie lekker as jou longe pyn terwyl jy asem haal nie...en moenie laat die lekker windjie hier oor die Hudson Rivier begin waai nie, dan hou die mense maar hulle poedels in die huis, want die voetjies sal aan die sypaadjie vasvries!
Ek en Mel het vandag bietjie ons huis geskuif en skoongemaak. Moet so nou en dan die meubels skuif net om die woonstel groter te laat voel...dit werk nogal...nie geweet mens sal daarvoor val al beplan jy dit self nie?!
Het lekker met Ouplaas gesels vandag. Liza het haar eerste jaar gevier en ons is baie trots op haar...GELUK LIZA!
Nog net twee weke in die koue plek, dan gaan ons bietjie vakansie hou....sal later meer vertel.
Mooi Bly!
Saturday, February 10, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment