Friday, February 16, 2007

NY winter op sy beste

Dis hoe pad werk toe die afgelope week lyk. Die temperatuur is gemiddeld so -6 grade met 'n koel wind wat reg deur alles waai. My jas wat 'n maand terug so dik gevoel het is nou BAIE dun.
Het vanoggend oppad werk toe by 'n buitelug Keith Urban show vir USA Today (brekvis tv stasie) voor die Rockefeller Sentrum verbygeloop. Na elke song moet die musikante eers hulle hande onder stoom warm maak...ek dink toe al wat hulle nodig het is 'n lekker Jellie-blik!

No comments: