Tuesday, January 23, 2007

Eerste sneeu in New York

New York wil-wil sneeu die afgelope paar dae... Dis koud (die afgelope week elke dag onder vriespunt) maar nog nie behoorlik winter sonder die wit nie.. Groot opgewondenheid Vrydagoggend toe die eerste sneeu val, maar ongelukkig het alles gesmelt teen die aand toe Stella uit London kom kuier. Was so lekker om nog 'n Afrikaanse asem in ons huis te he vir 'n paar dae met haar hier - was nogals homesick toe sy Maandag middag terug gaan na die Engelse toe. Besef na so 'n kuier die preciousness van vriendskappe wat kan optel in sekondes na maande van min sien en min gesels.

No comments: