Monday, July 16, 2007

Sondag 15 Junie

Dis 'n rustige (as dit ooit moontlik is..) Sondag in Manhattan vanmiddag. Ek sit rustig en skryf op 'n groot sagte stoel in the W-Hotel, Union Square se lobby. Die musiek laat my terug verlang na die backpackers in Villancoulos in Mosambiek waar ek en Mel elke aan 'n Dos-M bier en 'n hoop prawns gaan eet het terwyl ons die son sien ondergaan het. So snaaks dat mens altyd eers besef hoe amazing 'n ervaring is, na die tyd. Ek sal nooit daardie twee maande vergeet nie. Net die twee van ons, geen verantwoordelikheid, geen afsprake, geen planne, geen selfone of rekenaars! Gelukkig het ek hope fotos en ek besoek gereeld vir Mosambiek as die stad te groot raak (moenie worry nie, dis darem nie te veel nie).

Die waiter het sopas uitgefigure ek is nie 'n hotel gas nie - seker oor ek nie 'n Rolex aan het nie. Ek het maar 'n bier bestel, dit behoort my te "redeem" om in die lobby te sit vir die volgende uur of wat.

Die somer in New York is 'n ongelooflike ervaring (veral as dit met die winter vergelyk). Iemand het dit eendag baie raak vir my beskryf….."dis asof hulle op die laaste koue aand al die grumpy winter mense, met hulle dik swart jassie, fronse en ernstige houdings op 'n boot laai en wegship uit Manhattan erens heen, ver hiervandaan……..die volgende oggend, as jy uitstap (en die eerste tekens van lente is sigbaar) is 'n nuwe shipment mense (wat die vorige nag ingeship is) in die strate! Groot glimlagte, kleurvolle klere, almal oefen skielik vir 'n marathon (sommige kan jy sien aan hoe nuut hulle tekkies is, dat dit die eerste dag is..), en na ek hulle almal sien, sien ek weer kans vir nog 'n jaar in New York (want dis nie voor November dat die winter mense terugkom nie)…en danksy global warming, bly hulle hopelik sommer langer weg".

Dis snaaks hoe 'n plek, so lelik soms, so vuil, so anti alles wat ek gedink het ek is, so diep in jou hart kan kom inkruip….maar ons praat weer as die eerste sneeu val (of twee dae later as ek op die ys gly oppad werk toe, of 'n cab deur 'n plas yswater ry en my shower oppad werk toe, by the way dit gebeur nie net in movies nie).

Op 'n ander noot, ek's bietjie hartseer oor die bokke. Het met baie trots my nuwe Springbok trui wat ma en pa vir my gebring het begin dra na die pubs toe……ek dink ek gaan hom maar eers bietjie spaar vir die wereldbeker - ek verseker julle ek sal hom weer uithaal en breebors dra!

My nuuste ontdekking vir die week was Facebook. Wat 'n amazing tool (met die risiko om jou so besig te hou dat jy geen werk gedoen kry nie). My nuwe reel is om dit nie eens by die werk oop te maak nie, want ek kry dit nie weer toegemaak nie. So great om mense daar raak te loop wat ek jare laas gesien het. So cool om te sien hoe almal se lewens kook…nuwe werke, nuwe besighede, nuwe huwelike, nuwe babas…..global village hier kom ons!

No comments: